AKADEMIA SE EIE

koffiehuis by Leriba

SEDERT 2023

Goeie gesprekke gebeur gewoonlik oor ʼn koppie boeretroos. Welkom by ons koffiehuis in die hartjie van Centurion op die pragtige Leriba-perseel.

Jy kan ʼn koppie boeretroos (gemaak van uitgesoekte koffiebone) so tussendeur klasse of vergaderings kom geniet, sowel as aan vars tuisgebak smul. By dié koffiehuis kan jy gesprekke voer, tuis voel, sowel as wys raak.

Die woord “sowel as” is sinoniem met die woorde “en” of “asook”. Die naam simboliseer Akademia se aansluiting by die klassieke universiteitswese, waar denke sowel as hart gevorm word. Hier hoop ons dat talle goeie gesprekke sal plaasvind, denke gestimuleer sal word, sowel as vriendskappe gebou sal word – dit alles oor jou gunstelingkoppie koffie!