Goeie gesprekke vind gewoonlik oor ʼn koppie boeretroos plaas.
Welkom by Akademia se eie unieke koffiehuis – Sowel As.
Kom geniet ʼn koppie boeretroos (gemaak van uitgesoekte koffiebone) tussen klasse of vergaderings en smul aan vars tuisgebak in ʼn ruimte waar jy tuis kan voel. By Sowel As word nie net koffie bedien nie; hier word gesprekke gevoer, idees gevorm en aan ons gemeenskap gebou.
“Sowel as” is sinoniem met die woorde “en” of “asook”. Die naam simboliseer Akademia se aansluiting by die klassieke universiteitswese, waar denke sowel as hart gevorm word. Hier hoop ons dat talle goeie gesprekke sal plaasvind, denke gestimuleer sal word, sowel as vriendskappe gebou sal word; dit alles oor ʼn koppie van jou gunstelingkoffie!